Die Stryd vir Wesnoth 1.0 Uitgawe Nota's
Internet. 2 Oktober, 2005. Die Stryd vir Wesnoth Span is trots om uitgawe 1.0 van "Die Stryd vir Wesnoth", 'n Gratis, beurtbasis strategie-spel, met 'n fantasie tema en rolspeel elemente, vry te stel. Die spel is beskikbaar vir aflaai nou vir Windows, Mac OS X, en verskeie GNU/Linux verspreidings.
Die Spel
Die Stryd vir Wesnoth is een van die weinige suksesvolle Gratis/Oop Bron Sagteware spele. Die fokus van die ontwikkelaars is om 'n spel te maak wat soveel moontlik pret en plesier aan die ontwerpers kan verskaf -- met die hoop dat dit in ander se smaak sal val -- liewer as om die maksimum mark te probeer te bereik. Hierdie benadering hhet gelei daarnatoe dat hierdie unieke spel kan ontstaan wat dalk nie in almal se smaak val nie, maar tog 'n spel is waarvan mense genoeg hou om honderde ure aan te spandeer.
Die Stryd vir Wesnoth se kenmerk is dat dit 'n eenvoudige spel is, wat maklik is om te leer, maar terselfde tyd het dit diepte. 'n Enkel Speler ervaring sluit in vier veldslae wat ingesluit is met die spel, elk met 'n boeiende storielyn en 'n sterk AI.
Die Stryd vir Wesnoth het ook 'n op en wakker gemeenskap wat alreeds dosyne van hulle eie veldslae gemaak het, en dit kan afgelaai word en maklik ge-installeër word vanuit die spel self. Aspirant veldslag makers, en veldslag ontwerpers, kan maklik hulle eie veldslae byvoeg deur die Wesnoth kaart redigeerer te gebruik, en deur die baie aanpasbare Wesnoth enjin in te span.
Veelspelers is ook nie vergete nie, hetsy 'n hotseat of interne netwerk spel met vriende, en dan ook nog veelspeler bedieniers op die Internet, waar spelers vir hulself bondgenote of opponente kan vind om mee te speel.
Die pad na Die Stryd vir Wesnoth 1.0 was 'n lang een vanaf 18 Junie 2003 toe die hoof-programeerder David White, die eerste ontwikkelings-uitgawe, nommer 0.1, uitgereik het. Uitgawe 1.0 sluit nie net kodes, scenario's en musiek in nie, maar is ook die verpersoonliking van tyd, inspanning, en talent van David en dosyne ander medewerkers. Die Stryd vir Wesnoth ontwikkelaars hoop dat Wesnoth 'n voorbeeld van sukses kan wees aan ander aspirant Oop Bron speletjie ontwikkelaars.
Internasionalisasie
Die Stryd vir Wesnoth spog met sterk internasionale ondersteuning. Kies van Engels of 17 ander vertalings, wat toelaat dat meer as 1400 miljoen mense die spel in hul moedertaal kan speel. Of, as jy wil, probeer die uiterste uitdaging en probeer die spel in Latyn speel. Verskeep saam met Die Stryd vir Wesnoth 1.0 is die taal-pakkette vir Afrikaans, Amerikaanse Engels, Britse Engels, Duits, Fins, Frans, Hongaars, Italiaans, Japannees, Katalaans, Latyns, Nederlands, Slowaaks, Spaans, Sweeds, Tsjeggies, en Turks.
Verskeie ander tale is naby aan klaar: Sluit aan by ons en help om onvoltooide vertalings klaar te maak vir toekomstige uitgawes.
Aflaai
Die Stryd vir Wesnoth is beskikbaar onder die GNU General Public Lisensie (GPL). Bron kodes is beskikbaar op wesnoth.org waar jy ook instuksies sal vind oor hoe om Wesnoth op te bou uit die bron kodes vir verskeie stelsels. Reg-om-te-gebruik pakkette is ook beskikbaar vir die meeste populêre rekenaar stelsels.
- Bron Kode (39 MB)
- Wesnoth vir MS Windows (36 MB)
- Wesnoth vir Mac OS X (55 MB)
- Debian Sid Sarge
Jy kan opdatum informasie omtrent die aflaai van Wesnoth op die aflaai bladsy kry.
As jy alreeds vorige uitgawes van Wesnoth afgelaai het, sal jy dalk in die aflaai van die xdelta lêers alleen belang stel.
Meer Informasie
- Wesnoth Offisiële Webwerf (Engels)
